RSG Landbou: 26 Maart 2026 – geborg deur Bonsmara SA

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor bek-en-klouseer se impak op die veebedryf, die doel van die Overberg Jongooiklub, ons ontvang terugvoer van ‘n Vrystaatse landbou-indaba en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.

Bonsmara SA

Volgens die voorsitter van Bonsmara SA, Nelius Ferreira, het bek-en-klouseer die bedryf ‘n goeie les geleer, maar hy is optimisties oor die pad vorentoe.

Doel van die Overberg Jongooiklub

Christoff Lourens van die Overberg Jongooiklub praat oor die ontstaan en doel van dié klub.

Vrystaat landbou-indaba

Vrystaatse boere het verlede week in Bloemfontein byeengekom vir ‘n landbou-indaba wat deur Vrystaat Landbou gefasiliteer is. Francois Wilken gee terugvoer en tydens die byeenkoms was dit duidelik dat daar heelwat verwarring heers oor die tipe oorplaatjies wat vir beeste gebruik mag word. ‘n Veearts in die Oos-Vrystaat, dr Paul Reynolds, gee duidelikheid.

Nuutste weervooruitsigte en vleispryse

Moet ook nie ons landbou-weergesprek met Johan van den Berg misloop nie. Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Bloutong by skape: Die spreekwoordelike muggie in die salf

Estimated reading time: 7 minutes Bloutong is ’n nie-aansteeklike virussiekte van die Orbivirus-genus en Reoviridae-familie...

Boer goat management (Part 6): Diseases

Boer goats are often regarded as hardy, resilient animals that seldom contract diseases. This...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 3): Production

Estimated reading time: 6 minutes Part 1 and part 2 of this series focussed on...

Baanbrekernavorsing oor BEK in die vyfde kwart

Estimated reading time: 5 minutes Een van die groot ekonomiese uitdagings van die voortslepende bek-en-klouseer...