Victoria-Wesskou: Trotse telers steel die kollig

Estimated reading time: 5 minutes

Die Victoria-Wesskou was vanjaar weer ’n groot sukses. Heelwat meer diere is vir beide die Merino-skou en die Noord-Kaapse Persiekampioenskap ingeskryf, en verskeie ander items is aangebied.

Die skouterrein het oor twee dae gewemel van aktiwiteite, met ’n gewapper van vlae en baniere bokant talle stalletjies wat veral die kinders se aandag getrek het. ’n Opgewonde en vrolike atmosfeer het oor die skougronde geheers.

Merino-skou

Die Victoria-Wesskou het op 6 Februarie met ’n Merino-skou afgeskop waar agt telers 160 stuks Merino’s uitgestal het. Die grootkampioenram kom uit die kudde van Gerrit Viljoen van Richmond. Dieselfde ram het twee weke tevore ook die Richmond-skou gewen.

Volgens die beoordelaars is Merino-ramme van hierdie kaliber uiters skaars. Die grootkampioen Merino-ooi is deur Roeloe van Heerden vertoon.

Roelo van Heerden van Murruysburg se ooi is as die grootkampioenooi van die dag aangewys. Die hanteerder is Armaans Gelant. (Foto: Tertius Genade)

Slaglamkompetisie

’n Slaglamkompetisie is deur die loop van die dag aangebied, met ’n totaal van 172 skape wat ingeskryf is. Die kompetisie is in twee afdelings verdeel: ’n Vleisras- en ’n Merino-afdeling.

In die vleisrasafdeling is MC Smit as die wenner aangekondig, met WA Badenhorst in die tweede plek. MC Smit het ook die derde plek behaal.

In die Merino-afdeling het Hennie van Heerden beide die eerste en tweede plekke ingeneem en Johan Jooste het derde geëindig.

Noord-Kaapse Persiekampioenskap

By vanjaar se groot Persiekampioenskap wat ook op 6 Februarie afgeskop het, is 270 diere aangebied – verlede jaar was dit slegs 160. Die Persies het in hul onderskeie kleurklasse deelgeneem, insluitend die Swartkop-, Rooikop-, Rooiskilder- en Swartskilderpersies.

Die kompetisie is Saterdagoggend voortgesit en eers teen namiddag is die onderskeie wenners bekendgemaak. Die kampioene en reserwe kampioene is as volg:

Swartskilderpersie:

  • Junior ooi: 1. Kobus Lötter, 2. Kasteel Boerdery
  • Senior ooi: 1. Koedoeskop, 2. Koedoeskop
  • Junior ram: 1. Kasteel Boerdery, 2. Kobus Lötter
  • Senior ram: 1. Kasteel Boerdery, 2. Derek Spamer
  • Grootkampioenooi: 1. Kobus Lötter en Kasteel Boerdery
  • Grootkampioenram: 1. Kasteel Boerdery, 2. Kasteel Boerdery
  • Interkleurkampioen:  Kobus Lötter
Danie van der Westhuizen van Koedoeskop het skoonskip gemaak in die senior kampioen Swartskilderooi-afdeling en het met beide die grootkampioen en reserwe kampioen gespog. Van links is Clive Kingwill, en Danie en sy seun, WB. Die hanteerders is Stoffel Coetzee en Steven Maans.

Rooiskilderpersie:

  • Junior ooi: 1. Kasteel Boerdery, 2. Kasteel Boerdery
  • Senior ooi: 1. Kasteel Boerdery, 2. Black Eagle
  • Junior ram: 1. Kobus Lötter, 2. Gerhard Potgieter
  • Senior ram: 1. Kobus Lötter, 2. Kasteel Boerdery
  • Grootkampioenooi: 1. Kasteel Boerdery, 2. Kasteel Boerdery
  • Grootkampioenram: 1. Kobus Lötter, 2. Kasteel Boerdery
  • Interkleurkampioen: Kobus Lötter
Die senior kampioen Rooiskilderooi is deur Pieter Wiese vertoon, met die ooi van Japie Claassen as die reserwe kampioen. Die hanteerders is Lukas Jokkoms en Langman Martins.

Swartkoppersie

  • Junior ooi: 1. Johan van Druten, 2. Kobus Lötter
  • Senior ooi: 1. Guilliam Oberholster, 2. Kobus Lötter
  • Junior ram: 1. Kobus Lötter, 2. Johan van Druten
  • Senior ram: 1. Derek Spamer, 2. Kingwill Boerdery
  • Grootkampioenooi: 1. Guilliam Oberholster, 2. Kobus Lötter
  • Grootkampioenram: 1. Kobus Lötter, 2. Johan van Druten
  • Interkleurkampioen: Kingwill Boerdery
Die Swartkopooi van Johan van Druten (regs) het as die junior kampioen weggestap. Die reserwe kampioen behoort aan Kobus Lötter. Die hanteerders is Langman Martins en Andrew Tafel.

Rooikoppersie

  • Junior ooi: 1. Kasteel Boeredry, 2. Kobus Lötter
  • Senior ooi: 1. Casper Byleveld, 2. Kasteel Boerdery
  • Junior ram: 1. Kobus Lötter, 2. Guilliam Oberholster
  • Senior ram: 1. Kingwill Boerdery en Guilliam Oberholster
  • Grootkampioenooi: 1. Guilliam Oberholster, 2. Kobus Lötter
  • Grootkampioenram: 1. Casper Byleveld, 2. Kasteel Boerdery
  • Interkleurkampioen: Kingwill Boerdery

Nadat die kampioene teen mekaar meegeding het, is die Swartskilderpersie van Kobus Lötter as die interkleurkampioenooi van die skou gekroon. ’n Ses-tand Rooikoppersieram van Kingwill Boerdery is as interkleurkampioenram aangewys.

Die ses-tand Rooikoppersieram van Kingwill Boerdery is na afloop van die kampioenskap as die kampioen interkleurram aangewys. Van links is Arnold Louw van LL2 Staal Sparre (borg), Andries Blaauw, Stoffel Coetzee, Clive Kingwill, Nina Campher, Nell Kingwill, Rico Pretorius en Steve Hermanus.

Opkomende produsente

Die Saterdagoggend is ’n skou vir opkomende produsente aangebied, waar Thys Agterdam van Victoria-Wes met die louere weggestap het. Hy vertel dat hy ’n boorling van die dorp is en tans by die munisipaliteit werk, maar dat sy hart steeds by sy boerdery lê.

Thys Agterdam (middel) is tydens die Victoria-Wesskou as die algehele wenner van die Opkomende Boereskou aangewys. Op die foto staan hy saam met beoordelaars Tommy Caldo en Jakkals Olivier. Die hanteerders is Ricardo Wessel en Roy van Zyl.

Om die jongmense meer te betrek, is ’n jeugskou aangebied en leerders van onder meer Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn het die geleentheid aangegryp om deel te neem. Hoewel dit ’n vriendskaplike jeugskou was, beoog die skoukomitee om dit tot een van die top jeugskoue in die land te ontwikkel.

Die vee-afdeling was die hoofaantrekkingspunt van die skou. ’n Interessante skaaphondvertoning het vir vermaak gesorg en die middag is die saalperdkampioenskap aangebied. – Koos du Pisanie, Plaas Media

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...