RSG Landbou: 16 Februarie 2026 – geborg deur Omnicure

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor DNS-toetsing by vee, ons hoor wat in Januarie met aartappelpryse gebeur het en die Nasionale RPO gesels met ons oor dieresiektes wat die rooivleisbedryf teister.

DNS-toetsing by vee

Het jy geweet diere se sterthare word gebruik wanneer DNS-toetsing by vee gedoen word? JC Bothma van Unistel verduidelik hoe die proses werk en brei uit oor die voordele van DNS-toetsing vir veral ons stoetbeesprodusente in Suid-Afrika.

Januarie aartappelpryse

Ons hoor by Aartappels SA wat in Januarie met aartappelpryse gebeur het.

Dieresiektes wat die rooivleisbedryf teister

Dan is dit nie net bek-en-klouseer wat tans die rooivleisbedryf teister nie. Slenkdalkoors en knopvelsiekte is twee ander siektes waaroor groot kommer heers. Moenie ons gesprek met dr Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie misloop nie. Hy praat ook oor produsente se gemoedere in hierdie moeilike tyd.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...

Die geur, kleur en eer van Merino-ramveilings

Estimated reading time: 6 minutesHy het vir hom ’n geel Jaguar met ’n bedrag...