In vandag se RSG Landbou luister ons weer na twee gewilde gesprekke wat ons vroeër vanjaar uitgesaai het oor die tegnologie agter vleisalternatiewe en die belangrikheid van melk vir beenontwikkeling.
Vleisalternatiewe
Prof Phillip Strydom van Stellenbosch Universiteit verduidelik hoe vleisalternatiewe vervaardig word. Het jy geweet dit kos bykans R1 200 per kilogram om sekere van hierdie vleisalternatiewe produkte in ‘n laboratorium te kweek?
Tieners, suiwel en beengesondheid
Tieners, en veral meisies, is geneig om melk uit hulle dieet te sny. Melk SA praat oor die belangrike rol wat suiwel by beengesondheid speel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.