Estimated reading time: 2 minutes
In vandag se RSG Landbou deel die Simbra-beestelersgenootskap van Suidelike Afrika die hoogtepunte van hul jaar en ons luister weer na ons gesprek met Jakob Volmoer, die man wat baie hoede dra.
Die Simbra-beestelersgenootskap en kliëntetevredenheid
Vir die Simbra-beestelersgenootskap van Suidelike Afrika is kliëntetevredenheid ‘n hoogtepunt van 2025. En het jy geweet dat ‘n derde van hulle kliënte in Namibië boer? Kobus Bester praat oor dié genootskap se doen en late van die afgelope jaar.
Produksiebestuurder presteer op atletiekveld
Ons luister weer na die storie van Jakob Volmoer. Hy is die produksiebestuurder op ‘n appel- en peerplaas by Ceres en het vroeër vanjaar aandag getrek toe hy ses medaljes by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap ingeryg het.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.