In vandag se RSG Landbou gesels Piet Roets oor die 107-jaar-oue Swinburne-boerevereniging en Herman Louw van Fall Creek praat oor ‘n paar aspekte van bloubessieproduksie.
Oudste boerevereniging in die Vrystaat se 100-jaar vieringe
Het jy geweet die Swinburne-boerevereniging word as die oudste boerevereniging in die Vrystaat beskou? Ons het onlangs by hul jaarvergadering met die voorsitter, Piet Roets, tydens hul 100-jarige vieringe gesels.
Bloubessieproduksie: Navorsing en ontwikkeling
Suid-Afrika het ‘n reputasie as ‘n uitvoerder van hoë-gehalte bloubessies. Kom luister weer na ‘n gesprek met Herman Louw van Fall Creek. Hy gesels oor bloubessieproduksie in Suider-Afrika en die navorsing en ontwikkeling waarmee hulle besig is.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.