In vanogend se RSG Landbou luister ons na terugvoer van die TMR-konferensie en aartappelmarkte van Mei, asook die vleispryse en weer.
TMR-konferensie
Die Melkprodusente-organisasie het onlangs hul eerste TMR-konferensie in Johannesburg aangebied. Fanie Ferreira gee terugvoer hieroor en een van die sprekers, dr Shaun Morris, gesels oor grootveegesondheid en die opleiding van veeartse.
Weeklikse markte en weer
Chris Derksen deel die nuutste vleisprysverslag, Johan van den Berg is terug met landbou-weervooruitsigte en Aartappels SA vertel wat in Mei met aartappelpryse gebeur het.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

