Tuesday, February 4, 2025

Vaarwel, Letaba Skou

Estimated reading time: 2 minutes

Die tyd het aangebreek om vaarwel te roep aan die Agri Letaba Skou. Die Letaba Skou wat vanjaar van 7 tot 9 Augustus sou plaasvind, is gekanselleer, en sal voortaan in ’n nuwe formaat aangebied word.

Agri Letaba, die eienaars van die Tzaneen-skougronde wat fokus op georganiseerde landbou, wil vir die produsente van die omgewing asook die breër gemeenskap ’n geleentheid bied wat ook vir toekomstige generasies tot voordeel sal wees.

Lees meer oor die onlangse Upington Landbouskou hier.

Van skou na mark

Na vele samesprekings met verskeie rolspelers in die landbousektor het daar ’n geleentheid ontstaan waar Agri Letaba hande sal vat met die Tzaneen-mark. Agri Letaba bly die eienaars van die Tzaneen-skougronde en ’n langtermyn huurooreenkoms sal met die Tzaneen-mark geteken word.

Die Tzaneen-mark sal vir alle produsente in en om die groter Letaba-area die geleentheid gee om met hulle produkte te handel. Opkomende produsente kan bespaar op vervoer en logistieke uitgawes en gaan ’n beter geleentheid gegun word om winste te verhoog.

Daar sal ’n platform wees vir produsente om skouers te skuur met mede-produsente, en ’n geleentheid om kennis te deel. Daar word beoog om ’n veilige area te skep waar met produkte gehandel kan word. Die Tzaneen-mark is nie net ’n gulde geleentheid vir die produsente nie, maar sal ook vir verbruikers toegang bied tot ’n veilige area met bekostigbare, plaaslik gekweekte kwaliteit produkte.

Die Tzaneen-mark sal ook vir Tzaneen en omliggende areas voordele bied wat onder andere werkskepping insluit. Die mark beloof om ’n ekonomiese inspuiting vir die omgewing te wees en sal ook die kwessie van onwettige smouse aanspreek.

Daar word ook reeds met landboudiensverskaffers onderhandel om die skougronde in ’n Landbou/Agri Hub te omskep; ’n een-stop-winkel as’t ware.

’n Kleurryke geskiedenis

Sover bekend is die eerste Letaba Skou aan-en-af vanaf 1953 gehou. Na 1966 het die skou meer gereeld plaasgevind met kaptein P Joynt in die voorsitterstoel. Die beesstalle is in 1968 aangebou deur die boukontrakteur, Llewellyn Labuschagne. Hy het 251 eenvormige stalle gebou. Die hoofsaal, Saal A, is in 1989 gebou en Saal B is in 1990 aangebou.

Met die hervatting van die Letaba Skou het die Landbou-unie (Agri Letaba) ’n groot rol gespeel. Die rol het aansienlik uitgebrei, nie net as eienaars van die Tzaneen-skougronde nie, maar as die organiseerders van die Letaba Skou, die verskaffer van gemeenskapsdienste en ook om die terrein as sport- en ontspanningsfassiliteit in te span. – Persverkaring, Agri Letaba

Must read

RSG Landbou: 4 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Die waarde van lekaanvullings vir vee op droë en stoppellande kom onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. Ronél Joubert van Feedtek brei ook uit die waarde van ‘n gebalanseerde lek en watter minerale...

Katoen-verwysingsprys: Week van 27 tot 31 Januarie

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

LandbouRadio: 3 Februarie 2025

Welkom by 'n splinternuwe LandbouRadio met 'n effense ander baadjie aan. Ons groet vandag ons jarelange omroeper, Gerda le Roux. Aanbieder LiMari gesels met haar oor haar LandbouRadio-reis. Luisteraars kan ook uitsien na die...

RSG Landbou: 3 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Senwes het in Januarie aangekondig dat Debbie Bester vanaf 1 April die leisels as uitvoerende hoof van dié landboumaatskappy by Francois Strydom sal oorneem. Ons vind meer uit oor haar loopbaan in landbou. Staatsbeheerde siektes...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...