RSG Landbou: 18 April 2024 – geborg deur AGT Foods Africa

Ons beantwoord vanoggend ‘n luisteraarsvraag oor ons plaaslike voerkrale. Dié luisteraar het ‘n dokumentêr oor voerkrale in die VSA gesien en was geskok oor die grootte van die fasiliteite en die omstandighede waarin die diere leef. Dr Shaun Morris van Octavoscene gee perspektief oor die welsyn van diere in Suid-Afrikaanse voerkrale.

Verder het AGT Foods Africa onlangs hul oorname van Pannar se droeëboonbesigheid aangekondig en ons kry meer inligting daaroor.

Dan is daar soos altyd nuus oor vleispryse en die weer.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AGT Foods Africa

AGT Foods Africa is a value-added pulse, staple food and ingredient processor for export and domestic markets. In South Africa AGT Foods represents the Retail, Hospitality, Spices, Ingredients, Popcorn, Bakery and Protein Divisions, which falls under the Retail Division and is sold through all major supermarkets in South Africa.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories