RSG Landbou: 17 April 2024 – geborg deur AGT Foods Africa

Dis peerseisoen in Suid-Afrika en Tru-Cape moedig verbruikers aan om die uniekheid van die Abate Fetel-kultivar te ontdek. Buks Nel en Henk Griessel vertel waarom dié peerkultivar so besonders is.

Volgens die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika, het Suid-Afrika die afgelope seisoen 195 000 ton witmielies suksesvol uitgevoer. Hein Rehr gee terugvoer oor hierdie en ander graanuitvoere, asook hulle onlangse 39ste simposium.

Wanneer en hoe besluit ‘n produsent watter tegnologie belangrik en toepaslik is vir die gebruik van spilpunte op lande? Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa gee raad.

LHB Bonsmara en Kruger Bonsmara hou ‘n veiling op 25 April. Schalk van der Merwe van LHB Bonsmara en Kruger Bonsmara vertel ons meer oor dié veiling.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AGT Foods Africa

AGT Foods Africa is a value-added pulse, staple food and ingredient processor for export and domestic markets. In South Africa AGT Foods represents the Retail, Hospitality, Spices, Ingredients, Popcorn, Bakery and Protein Divisions, which falls under the Retail Division and is sold through all major supermarkets in South Africa.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories