RSG Landbou: 22 April 2024 – geborg deur Pioneer Saad

Meer as 24 miljoen Suider-Afrika-inwoners worstel met ‘n dubbele krisis van hongersnood en ongewone weerpatrone. In Suid-Afrika het die droogte reeds ‘n impak op voedselsekerheid en ons hoor by Corné Louw van Graan SA of ons bekommerd moet wees oor plaaslike mielievoorrade.

Verder gesels Johann Kotzé van Agri SA oor die rol, waarde en voortbestaan van georganiseerde landbou.

Waarom is die snytyd van kuilvoer so belangrik? Dit is een van die vrae wat De Bruyn Myburgh van Pioneer Saad beantwoord in ons gesprek oor mieliekuilvoer.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer saad

Pioneer Saad is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories