Estimated reading time: 6 minutes
Brahman-telers het ’n geneties-bewese produk wat hulle ten volle moet benut. Om suksesvol te wees, moet die ras eerste gestel word. Fokus op regte tipe dier, akkurate data, doeltreffende bemarking, en die deel van genetika en kennis. DÃt was Ting Braithwaite, president van die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika, se raad by die jaarlikse presidentsdinee en prysuitdeling in Lichtenburg.
Die geleentheid vereer uitnemendheid in Brahman-teling en vier diegene wat betekenisvolle bydraes tot die bedryf lewer. Braithwaite het die belang van die kommersiële mark – insluitend bulkopers, veldvoorbereidingprodusente, en voerkrale – beklemtoon. Hy het gesê elke streek het unieke uitdagings, veral teenstand teen Brahman-speenkalwers, en dit verg samewerking om oplossings te vind.

Uitdagings in die bedryf
Braithwaite het bek-en-klouseer (BEK) as ’n ernstige, steeds groeiende bedreiging vir boerderye in Suid-Afrika uitgelig. Hy het ’n beroep op telers gedoen om hul kuddes te beskerm al is uitbrekings langdurig, duur, en frustrerend. Volgens hom moet die regering tot verantwoording geroep word, en ’n volhoubare oplossing vir BEK is dringend nodig.
Hy het veerkragtigheid aangemoedig en produsente gevra om op positiewe faktore te fokus. Een hiervan is die styging in C graad-beesvleispryse, wat boere in staat gestel het om minder produktiewe vroulike diere uit te skot en só kuddegehalte te verbeter.

Uitnemendheid
Die toekenning vir Makroteler van die Jaar – wat die aantal kalwers en ’n volledigheid van prestasie-toekenning vir werk gedoen saamvoeg om ’n enkelwaarde te gee – het aan Kroonvee Boerdery van Jan van Zyl en sy seuns, Jan (jnr) en Gideon, van Vryburg in Noordwes gegaan. Die Jes-C Boerdery (DNS Brahmane) van Joe en Edna Kloppers van Vaalwater, Limpopo, was die naaswenner, en Renzo Boerdery van Lood van Rensburg was derde.
Twee telers van die Brahman Beestelersgenootskap van SA is vir hul toewyding en waardevolle bydrae tot die genootskap vereer: Hannes Liebenberg van SHL Brahmane naby Koster, het die Erelid-toekenning ontvang en Do Maré van Domeldo Brahmane, Coligny, is met ‘n spesiale toekenning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die Brahman-skoutabelle vereer. Wenners in die ander kategorieë was:

Volledigheid van Prestasie-toekenning
Groot kuddes – 400+ diere
- PRI Brahmane, dr Louis Greeff, Thabazimbi.
- Kroon Vee Boerdery, Jan van Zyl.
- Zwarthoek Boerdery, Don Emsley, Lepalale.
Medium kuddes – 150 tot 400 diere
- Wilbar Brahmane, Willem Barnard, Mokopane.
- CRE Brahmane, Ampie en Riki Rossouw, Modimolle.
- OTH Brahman, Richard Spear, Ermelo.
Klein kuddes – < 150 diere
- Lovedale Boerdery (Zimeyer), Pieter en Thys Meyer, Lindley.
- Ruby Star Properties, Schalk en Desiree Exley, Heilbron.
- PCG Brahmane, Pieter Greeff, Heilbron.
Superkoei – Wit
Groot kuddes – 400+ diere.
- DNS21584, Jes-C Boerdery, (NSD Brahmane), Joe en Edna Kloppers.
- CCCC2061, Bar Circle Brahmane, dr Paul Pienaar, Bela-Bela.
- 20-0023WH, Langberg Landgoed, Jan van Zyl, Vryburg.
Medium kuddes – 150 tot 400 diere
- HLT20260, De Blanque Brahmane, Lizemari deKlerk, Pretoria.
- BSB1915, Wilbar Brahmane, Willem Barnard, Mokopane.
- XWL1918, Onjanja Trust, Xa-Wi-La Brahmane, Johan Karsten, Groblershoop.
Klein kuddes – < 150 diere
- VH183, Kusasa Commodities, Pieter van Heerden, Bela-Bela.
- IDA208, Nolada 27 CC, Juanita Wheeler, Middelburg, en WJB19844, Klipfontein Brahmane, WJ Botes en Seuns, Piet Plessis.
- DRR18849, Nolada 27 CC en WJB20875, Klipfontein Brahmane.
Superkoei – Rooi
Groot kuddes – 400+ diere
- KH12998, Reeba Brahmans, Don McHardy, Mooirivier.
- LUB117 en KH10950, Reeba Brahmans.
- HJW1265, HJW Brahmane, Hennie en Wimpie Jacobs, Wolmaransstad.
Medium kuddes – 150 tot 400 diere
- MAS0845, Masbra Brahmane, dr Tok Serfontein, Potchefstroom.
- AA1129, Ou Transvaal Beesboerdery CC, Anton Crouse, Bronkhorstspruit.
- MAS095 en MAS1247, Masbra Brahmane.
Klein kuddes – < 150 diere
- HVZ124, HVZ Brahmane, Hendrik en Wilma van Zyl, Rustenburg.
- DVB1072, African Dream Brahmane, Dirk en Montsay van Papendorf, Witbank.
- LB11234, Lobram Boerdery CC, Hannetjie Loots, Lephalale.
Meesterbul – Wit
Groot kuddes – 400+ diere
- B1888, Bullseye Brahmane, Adel Viljoen, Bothaville.
- BOS191, BW Staal, Bos Blanco, Burnie Staal, Kroonstad.
- NM14293, Tommiesrus, Louis Meyer, Lichtenburg.
Medium kuddes – 150 tot 400 diere
- BOS2076, Idaho Enterprises (Pty) Ltd, Idaho Brahman, Schalk Fourie, Vryburg.
- 3M20259, Cules Kloppers, Vaalwater.
- R10 17110, Onjanja Trust, Xa-Wi-La Brahmane.
Klein kuddes – < 150 diere
- HOT17725, Oliv Jam Trust, Roelf van Rooyen, Hillcrest.
- HOT18787, MJ Griessel, Hoopstad.
- VH1917, Kusasa Commodities, Pieter van Heerden, Bela-Bela.
Meesterbul – Rooi
Groot kuddes – 400+ diere
- JVZ1452, Kroon Vee Boerdery.
- PRI19907, PRI Brahmane.
- JVZ20359, Kroon Vee Boerdery.
Medium kuddes – 150 tot 400 diere
- MAS1928, Masbra Brahmane, en MAS1977, Epsiflex (Pty) Ltd, dr Gerrie Lindique, Potchefstroom.
- DLB19752, Karin Hiemstra, Rooibokkraal.
- BOSR1240, Bullseye Brahmane.
Klein kuddes – < 150 diere
- HCB15241, HCB Brahmane, Henry Brits, Swartruggens.
- GPCK18775, Naauwpoort Lodge (Pty) Ltd, Amanda van der Merwe, Lydenburg.
- JHP21155, Marius Pretorius, Parys.
Die Internasionale KI-bul-toekenning
- SJYCSPR – Riley Abolengo, Serfontein Boerdery, Carla de Kock en Jan Serfontein, Potchefstroom.
- MR MCC POLLED SMOKE 14/9 (PO), Discovery Brahmane, Wouter van Deventer, Rust De Winter.
- ELMO PICASSO 1023/7 (PP), Wayside Brahmans, Rowland Munger, Francistown, Botswana.
Diensjare-toekenning
- 50 jaar – R10 Brahmane, Llewellyn en Corrie Labuschagne, Letsitele.
- 40 jaar – Henzen Brahmane, Barend van Heerden, Derby.
- 25 jaar – Lovedale Boerdery (Zimeyer), Anjolet, Louisa van Dyk en BW Staal (BOS-R).
Fase C Residuele Voerinname (RFI)
- BKR23439, JP Bekker Brahmane, Cobus Bekker, Mokopane.
- CRE2350, CRE Brahmane, Ampie en Riki Rossouw.
- CRE2352, CRE Brahmane Ampie en Riki Rossouw.
Fase D2
- IDB23152, Inkwazi Game Breeders, Danie Botma, Naboomspruit.
- DNS24661, Jes-C Boerdery (NSD Brahmane).
- PRI23395, PRI Brahmane.
Fase D1
- NM23227 van Tommiesrus.
- NM2412 van Tommiesrus.
- NM2376 van Tommiesrus.
Vrugbaarheidstoekenning
Groot kuddes – 400+ diere
- Reeba Brahmans.
- Jes-C Boerdery (NSD Brahmane).
- Kroon Vee Boerdery
Medium kuddes – 151 tot 400 diere
- MA Serfontein.
- FP Stemmett Boerdery.
- HA Kloppers.
Klein kuddes – < 150 diere
- CP van den Hever – R10 (Sub).
- Al-Di Commodities, Louis en Thys Albertse, Dundee.
- Lobram Boerdery.
Veilingstoekennings – wenners:
- Die hoogste prys – bul, HOT21247 van Brandwater Boerdery, Linde du Plessis is op die Brandwater-produksieveiling op 20 September 2024 verkoop vir R350 000 aan JE en CAP Loggenberg.
- Die hoogste prys – vroulik, HLT20216 van De Blanque Brahmane is op die Brahman Nasionale Veiling in 2024 verkoop vir R400 000 aan Louma Boerdery.
- Die hoogste prys – vers, BOS22104 van BW Staal is op die Sugar Sale op 3 Mei 2025 verkoop vir R250 000 aan C Nel.
- Die mees suksesvolle veiling was die Wayside-stoetveiling op 8 Februarie 2025. Die gemiddelde prys was R97 574, met ’n totaal van 43 diere wat aangebied is en ’n 100%-verkoopsyfer is behaal.
– Christal-Lize Muller, Plaas Media
Vir meer inligting kontak die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika by 051 446 4619 of besoek info@brahman.co.za

