Tuesday, December 16, 2025

TLU SA se jongboer-finaliste aangekondig

Estimated reading time: 2 minutes

TLU SA is trots om die ses finaliste van die 2025 Jongboer van die Jaar-kompetisie aan te kondig. Die kompetisie, wat vanjaar vir die 24ste agtereenvolgende jaar aangebied word, vier jong landbouleiers wat met passie, vernuf, en vasberadenheid boer ongeag die grootte of aard van hul onderneming.

Volgende week, vanaf 14 tot 18 Julie 2025, sal die nasionale paneel van beoordelaars elkeen van die finaliste op hul plase besoek. Hierdie plaasbesoeke vorm deel van die tweede beoordelingsronde waar onder meer na bestuursvernuf, tegniese kundigheid, en finansiële bestuur gekyk word.

Lees meer oor TLU SA Jongboere fokus op samewerking.

Vanjaar se ses finaliste is:

  • Niel Booyens (28) van Belfast, Mpumalanga, boer met beeste, skape, en graan (mielies, sojas en hawer).
  • Tiaan Barkhuizen (33) van Garies, Noord-Kaap, het ’n Dorperstoet en boer kommersieel met boerbokke en skape.
  • Thian Heyns (29) van Clocolan, Vrystaat, het ’n Sussex-stoet en boer met kommersiële beeste asook mielies, sojas, sonneblom, en koring.
  • Martin van Jaarsveld (30) van Greylingstad, Mpumalanga.
  • Willem van der Merwe (36) en Francois du Toit (34) van Chrissiesmeer, Mpumalanga, skryf as vennote in. Hulle is saaiboere en deel verantwoordelikhede vir bemarking, beplanning, finansies, instandhouding, proewe, en sekuriteit. Willem is ook ’n prokureur en Francois ’n tegnikus in bosbou.
  • Francois du Toit (34) skryf ook afsonderlik in met ’n fokus op saaigrond.
  • Willem van der Merwe (36) van Chrissiesmeer, Mpumalanga. (Foto: Verskaf deur TLU SA)

Die Jongboer van die Jaar-kompetisie staan oop vir enige TLU SA-lid van 40 jaar en jonger. Kandidate boer óf selfstandig óf in vennootskap, mits hul verantwoordelikhede duidelik afgebaken is.

Beoordeling geskied objektief volgens internasionale bestuurskriteria deur ’n onafhanklike paneel van kenners.

Die groot prys vir die wenner sluit in ’n splinternuwe BYD-bakkie geborg deur Hatfield Motor Groep vir ’n jaar se gebruik, sowel as R50 000 kontant geborg deur Manitou-groep. Santam Landbou borg die kontantpryse vir die naaswenner en derde plek.

Die drie topfinaliste sal ná afloop van die plaasbesoeke aangewys word, en die wenner sal tydens die TLU SA Kongres op 10 September 2025 bekendgemaak word. – TLU SA Persverklaring

Samic: Protector of red meat quality

Estimated reading time: 5 minutes If you thought the South African Meat Industry Company (Samic)...

Elke happie tel: Presisievoeding vir optimale produksie

Estimated reading time: 6 minutes Elke produsent het die behoefte om meer winsgewend en volhoubaar...

Flies and blowflies: A serious threat to cattle health

Estimated reading time: 4 minutes Several fly species negatively affect cattle productivity, including biting flies...

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...