Syferfontein Bonsmaras hou suksesvolle veiling

Estimated reading time: 3 minutes

Die bekende Bonsmarastoet by Vrede, Syferfontein Bonsmaras van Nico Pieterse, se 25ste produksieveiling is gekenmerk deur ’n prysvariasie wat dit vir alle kopers moontlik gemaak het om goeie bulle te bekom. Twee bulle het R300 000 elk gehaal, terwyl etlike bulle bo R200 000 verkoop is. ’n Hele paar bulle het tussen R50 000 en R60 000 gehaal. Die gemiddelde prys vir die 57 bulle wat verkoop is, was R95 964,91.

Die eerste R300 000-bul was Lot 10, SYF 200213. Hy is deur Pieter Lourens van Bonga Bonsmaras, Rikus de la Rey van RJ Bonsmaras en dr Paul Theron van Kliphuis Bonsmaras gekoop. Die ander R300 000-bul, SYF 220011, is deur Jonathan Fetting van Alphaeton Bonsmaras gekoop.

Volgens dr Theron het hy en sy twee mede-kopers Lot 10 uitgesoek op grond van sy besonderse genetika en sy diepte, lengte van lyf en uitstekende kloue. Beide sy vaar- en moederlyn is presies wat hulle nodig het om hulle eie kuddes se genetika te verbeter.

Lees meer oor die onlangse AG Bonsmara-veiling hier.

Wat die vroulike diere betref, was die gemiddeld vir dragtige verse R40 937,50, dragtige koeie R43 690,48 en koeie met kalwers R57 500.

Nico Pieterse sê kopers het van regoor die land kom beeste koop, ondanks ’n baie moeilike ekonomiese klimaat. Dit dui op ’n positiewe uitkyk, wat tipies van Suid-Afrikaanse boere is.

“Vanjaar was ons 25ste produksieveiling. Ons eerste veiling het in die jaar 2000 plaasgevind, en oor die jare het ons teeldoelwit nie verander nie. Ons glo in volhoubaarheid. Ons probeer om funksionele, vroegryp beeste te teel met ’n lae onderhoudsbehoefte wat in enige gebied kan aanpas.” – Izak Hofmeyr, Plaas Media


Hoër hoogtes vir Bonsmara SA

Bonsmara SA se Dié Rooi Ras-geleentheid en nasionale veiling in Parys is jaarliks ’n hoogtepunt op die landboukalender. Vanjaar se geleentheid was geen uitsondering nie, veral omdat die genootskap ook sy 60ste bestaansjaar gevier het. Die veiling, met beproefde vroulike teelmateriaal wat van regoor Suid-Afrika kom, het alle verwagtinge oortref met goeie gemiddelde pryse en ’n nuwe rekordprys. Daar was 62 lotte op die veiling wat deur Vleissentraal en SwiftVEE aangebied is met Mike Killassy as afslaer.

Must read

Leon de Beer, Uittredende hoofbestuurder: Nasionale Wolkwekersvereniging

RSG Landbou: 25 Junie 2024 – geborg deur Plaas Media

Die 94ste kongres van die Nasionale Wolkwekersvereniging het onlangs in Gqberha plaasgevind en ons berig hoofsaaklik daaroor. Die uittredende hoofbestuurder, Leon de Beer, spreek sy waardering uit oor sy tyd by dié produsente-organisasie. Ons hoor...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 24 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...
Soja-oliekoek bly een van die heel belangrikste insluitingskomponente in pluimveediëte en is ‘n uitstekende bron van proteïen en energie in dierevoeding.

Die onskatbare voedingswaarde van soja-oliekoek

Estimated reading time: 4 minutes Soja-oliekoek bly een van die heel belangrikste insluitingskomponente in pluimveediëte en is ‘n uitstekende bron van proteïen en energie in dierevoeding. Die hoë voedingstofinhoud en relatiewe lae koste daarvan in...

Katoen-verwysingsprys: Week van 17 tot 21 Junie

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

Agribusiness Confidence hits lowest level since 2009

Estimated reading time: 4 minutes The Agbiz/IDC Agribusiness Confidence Index (ACI) remained depressed in Q2 2024, reaching 38 points from 40 in the previous quarter. This is the lowest level since Q3 2009, which...