RSG Landbou: 4 Desember 2024 – geborg deur Plaas Media

Die hoogtepunt van die 2024 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie was op 27 November in Pretoria. Wenners van die verskeie kategorieë soos mielies, hawer en voersorghum is aangewys, asook vanjaar se kuilvoerkoning. Hy is van die Bethal-omgewing. RSG Landbou het dié geleentheid bygewoon en daar met ’n paar van die presteerders gesels.

Ons vind ook meer uit oor Landboudal, ‘n skool in die Jacobsdal-omgewing wat toekomstige landbouers goed voorberei vir die toekoms. Ons gesels met Worsman van der Ryst.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister...

RSG Landbou: 14 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie, die 2026 LRF Veeskool en ons ontvang die nuutse...

RSG Landbou: 13 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die reën wat die Noord-Kaap ontvang het en ons hoor meer oor Agri Skills...