Hoër hoogtes vir Bonsmara SA

Estimated reading time: 4 minutes

Bonsmara SA se Dié Rooi Ras-geleentheid en nasionale veiling in Parys is jaarliks ’n hoogtepunt op die landboukalender. Vanjaar se geleentheid was geen uitsondering nie, veral omdat die genootskap ook sy 60ste bestaansjaar gevier het. Die veiling, met beproefde vroulike teelmateriaal wat van regoor Suid-Afrika kom, het alle verwagtinge oortref met goeie gemiddelde pryse en ’n nuwe rekordprys. Daar was 62 lotte op die veiling wat deur Vleissentraal en SwiftVEE aangebied is met Mike Killassy as afslaer.

  • Lede van die genootskap wat die geleentheid bygewoon het was Gavin Bristow van Bristow Bonsmaras in Limpopo, Laurence Allem van Allem Brothers, Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras, dr Henning Gericke, kliniese sielkundige en prof Giel Bekker van Rooiveld Bonsmaras.
    Lede van die genootskap wat die geleentheid bygewoon het was Gavin Bristow van Bristow Bonsmaras in Limpopo, Laurence Allem van Allem Brothers, Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras, dr Henning Gericke, kliniese sielkundige en prof Giel Bekker van Rooiveld Bonsmaras.

Lees meer oor die genootskap.

Nuwe leierskap

’n Ander hoogtepunt van die geleentheid was die aanwysing van Nelius Ferreira, ‘n jong produsent van Ferrero Bonsmaras in Harrismith in die Vrystaat, as die nuwe voorsitter van Bonsmara SA se raad. Ferreira neem die leisels by Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras, wat vier jaar in die posisie gedien het, oor.

Ferreira, ’n voormalige wenner van Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-toekenning, het gesê dit is vir hom ’n groot eer om in hierdie posisie te dien, want dit wys daar is vertroue in die jonger geslag se vermoë om die ras vorentoe te neem. Dit is vir hom ’n pluimpie om by Serfontein, wat al diep spore in die bedryf getrap het, oor te neem. Hy besef ook die groot verantwoordelikheid wat op sy skouers rus om die dinamiese groep Bonsmara-telers te lei.

‘n Rekordprys

Die veiling het ’n nuwe rekordprys van R320 000 opgelewer. Hierdie prys is vir ’n dragtige vers, LAR 210158, van Derek en Tutu Ralfe van Up George Bonsmaras in Wasbank betaal. Die kopers was Eloff en Stephen Muller van Tambaraine Bonsmaras in Mosselbaai. Die gemiddelde prys vir die 35 dragtige stoetverse wat opgeveil is, was R77 500. ’n Ander hoogtepunt was die prys van R200 000 vir ‘n dragtige koei met ‘n kalf. Die verkoper was Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmaras. Die koei SYF 2100645 en haar kalf is deur Ahmed Bhamjee van Bhamjee Bonsmara in Carolina, Mpumalanga, gekoop. Die gemiddelde prys van die 11 koeie met kalwers wat aangebied is, was R69 090.

Dragtige vers: Die dragtige vers, LAR 210158, wat ’n rekordprys behaal het.
Die dragtige vers, LAR 210158, wat ’n rekordprys behaal het.

Syferfontein Bonsmaras het ook die hoogste prys van R52 500 vir ’n dragtige koei, SYF 10-218, behaal. Thea van der Merwe van Satara Bonsmaras was die koper. Altesaam vyf dragtige koeie is aangebied en die gemiddelde prys was R52 500. Thinus Maritz van Maritz-boerdery wat deel is van die Nu-Alcade Bonsmara-groep het ook ’n goeie prys van R180 000 vir ‘n drie-in-een koei betaal. Justin Stirk van Goodwoods Bonsmaras, wat ook deel is van die Frontier Bonsmara-groep, was die verkoper. ’n Gemiddelde prys van meer as R88 863 is vir 11 drie-in-een koeie behaal.  

Waardevolle sprekers

Dr Frikkie Maré, hoofuitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie het tydens die oggendgeleentheid voor die veiling op rooivleispryse en die kern van die probleem gefokus. Volgens hom word die probleem veroorsaak deur die gaping tussen speenkalf- en karkaspryse.

Daar is ontevredenheid oor die ongelykhede in pryse, maar die oorsaak van prysafnames kan eenvoudig nie aan een aspek toegeskryf word nie. Hy het rooivleisprodusente aangemoedig om meer te fokus op produksie, kostebesparings en die gebruik van aanvullings vir diere om ekonomies optimaal te boer.

’n Ander spreker, die bekende kliniese sielkundige in sportkringe, dr Henning Gericke, het gesê dat Bonsmara SA ’n sterk gevestigde handelsmerk is en deel vorm van ’n hegte familie in die bedryf wat ’n positiewe denkwyse in uitdagende tye moet nastreef.

Vir meer inligting, besoek Bonsmara SA se webtuiste of Facebook-blad. – Christal-Lize Muller, Plaas Media

Must read

Dairy industry benefits from research at Outeniqua Research Farm

Estimated reading time: 2 minutes Western Cape minister of Agriculture, Dr Ivan Meyer, recently visited the Western Cape Department of Agriculture’s Outeniqua Research Farm, outside of George. The research farm is known for its...

Katoen-verwysingsprys: Week van 8 April tot 12 April 2024

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...
So ’n span gesonde kalwers op goeie groenweiding bied die beste potensiaal vir sukses.

Strategieë vir die voerkraalvoorbereiding van kalwers

Estimated reading time: 7 minutes Voerkraalvoorbereiding, beter bekend as backgrounding, verwys na ’n fase in die beesvleisproduksieproses waar jong beeste, tipies pas-gespeende kalwers, in ’n voerprogram geplaas word wat daarop gemik is om hulle...

Ekonomiese oorsig vir Maart: Landboumarkte wissel

Estimated reading time: 3 minutes Die rand het ‘n goeie maand ervaar tydens Maart en het deurlopend teenoor die dollar versterk en ‘n redelike stabiele maand teenoor die euro ervaar. Die rand het die...
grootveeproduksiestelsels

Veediefstal: Omgewingskriminologie en misdaadanalise

Estimated reading time: 5 minutes Veediefstal is ‘n misdaad wat ouer as die berge is. Boba omskryf misdaadontleding as “die sistematiese studie van misdaad- en wanordeprobleme, asook ander polisieverwante kwessies – insluitend sosiodemografiese, ruimtelike...