Skaaphantering tydens die Karoo Winterwolfees gedemonstreer

Estimated reading time: 3 minutes

Skaaphond-demonstrasie – elke hond is uniek

André Lesch van Lesch Working Dogs het tydens die Karoo Winterwolfees ‘n skaaphonddemonstrasie gehou. Hy sê ’n mens moet selektief met skotse skaaphonde/borderkollies en kelpies teël. Daarom is dit ook belangrik om hul stamboom in ag te neem. Byvoorbeeld, ’n geregistreerde hond sal ’n stamboom van ses generasies hê. “Jy kan nie met ’n hond werk wat uit die dorp kom en nog nooit ’n skaap gesien het nie,” sê André.

Lees meer oor Karoobossies: Die hoeksteen van veevoeding in die Karoo

“Die moeilike deel daarvan wanneer ’n mens ’n klein hondjie met ’n goeie bloedlyn aanskaf, is om sy jaginstink so te ontwikkel dat dit vir jou gaan werk. Hy moet dus verstaan dat dit jou skape is en dat julle ’n span is wat moet saamwerk.” Informele opleiding begin gewoonlik op agt weke wanneer ’n hond sy naam leer en hoe om te reageer op basiese bevele soos om te sit.

Formele opleiding begin gewoonlik tussen tien en 12 maande oud en ook slegs as ’n hond emosioneel volwasse genoeg is en voldoende ontwikkeld is op fisiese vlak om skool toe te kan gaan. “Byvoorbeeld, as ‘n skaap vir ’n hond weghardloop, is dit ’n emosionele hou vir ’n jong hond en kan dit hom knak. Jy moet dus baie sielkundig met hulle te werk gaan.” Hul basiese opleiding neem ongeveer twee tot drie maande, en ten minste nog drie of vier jaar daarna om volwassenheid te bereik en al die bevele mooi in te oefen. Die honde tree gewoonlik op nege- of tienjarige ouderdom af.

Leer meer oor skaapboer Gert Loggenberg hier.

Dit is volgens André belangrik om goed na die honde wat vir jou werk om te sien. “Arbeid is ’n duur uitgawe en ’n geleerde hond kan drie of vier manne se werk vir jou doen. Daarom moet jy mooi na jou honde kyk. Hulle slaap gewoonlik in ’n hok, kry voldoende kos en word ontwurm wanneer dit nodig is.”

Laastens, sê hy dat honde tropdiere met ’n rangorde is, en daarom is dit belangrik dat die persoon wat met hulle werk, dominant moet wees. “Jy moet dominant wees oor hulle. As jy te sag is, gaan hulle vir jou begin dink en vir jou wys wat om te doen.

Kontak André Lesch by 083 260 3459 of andre.lesch.82@gmail.com. Besoek gerus ook die Suid-Afrikaanse Skaaphond Vereniging by www.sasda.za.net.


Skaaphantering maklik soos een, twee, drie

Aksies wat gemaklik met behulp van die iClamp-toestel uitgevoer kan word, sluit in die sponsproses vir sinchronisasie van skape, kunsmatige inseminasie en skandering, mikskeer, tatoeëring of aansit van oorplaatjies, tand- of oogondersoeke, dosering of enting en die weeg van diere. “Dit stel skaapprodusente in staat om met hoë volumes diere te werk sonder die risiko van beserings waar diere soos dragtige ooie vasgehou moet word. Ons moet onthou dat hantering van diere die effektiwiteit van ’n kudde nadelig kan beïnvloed,” het hy gesê. “Die gebruik van ’n iClamp verminder ook diere se stresvlakke.”

Kontak: Corné Serfontein – 084 508 1011.

Corné Serfontein van Lifetrack SA
Corné Serfontein van Lifetrack SA het by wyse ’n demonstrasie vir die toeskouers gewys hoe ’n iClamp kleinvee-hanteringstoestel die rol van hande-arbeid kan vervang om met hoë volumes diere binne ’n gegewe tydstip te werk.

Must read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the misfortune, accident, or disaster that...