RSG Landbou: 9 Desember 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n studie wat die Universiteit van Pretoria gedoen het wat produsente, abattoirs, voerkrale, kleinhandelaars en werkers ingesluit het, ons vind uit oor wat Melk SA se Bedryfsinligtingsprojek behels en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Kwesbaarheid van die rooivleisbedryf

Hoe kwesbaar is die rooivleiswaardeketting? Dr Danie Jordaan van die Universiteit van Pretoria praat oor ‘n studie wat hulle gedoen het wat produsente, abattoirs, voerkrale, kleinhandelaars en werkers ingesluit het. Die gehalte van kommunikasie ‘n faktor wat by al die rolspelers sterk na vore gekom het.

Melk SA se Bedryfsinligtingsprojek

Ons vind ook uit wat Melk SA se Bedryfsinligtingsprojek behels. Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie kuier in die ateljee.

Nuutste wolmarkverslag

Moet ook nie ons laaste wolmarkverslag vir 2025 misloop nie. Heinrich Victor is terug met goeie nuus oor wolpryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

BEK-inentingsveldtog onder druk: Entstowwe beskikbaar, maar uitvoering sloer

Estimated reading time: 5 minutes Bek-en-klouseer (BEK) in Suid-Afrika is steeds nie in sy spore gestuit nie en onsekerheid heers steeds – nie net oor...

Biosecurity beyond the farm gate 

Estimated reading time: 3 minutes South Africa’s pig industry is operating in an increasingly complex and interconnected risk environment. While African swine fever (ASF) remains the most significant threat...

RSG Landbou: 9 April 2026

Estimated reading time: 1 minute Vandag se aflewering van RSG Landbou kyk na water-, vleis- en weersake! Red ons riviere! Het jy geweet daar is...

LandbouRadio: 9 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Donderdag, 9 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Christal-Lize Muller van Plaas Media gesels met Pieter Swart...

The wild side of nutrition

Estimated reading time: 4 minutes Various game animals roam the vastly different landscapes of South Africa. Looking back at history, large numbers of these animals...