RSG Landbou: 7 Julie 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die Sybokhaarbemagtigingstrust se produksie groei en die invloed van intensiewe stelsels op die welstand van ‘n dier.

Sybokhaarbemagtigingstrust se produksie groei

Die deelnemers aan die Sybokhaarbemagtigingstrust se produksie het die afgelope jaar met meer as twintig persent gegroei. Die sukses van dié trust is tydens die onlangse Sybokhaar SA-kongres op Graaff-Reinet uitgelig en ons het daar met van die deelnemers gesels.

Intensiewe stelsels se invloed op die welstand van lammers

Verbruikers glo dikwels dat intensiewe stelsels die welstand van ‘n dier beïnvloed. ‘n Navorsingsprojek deur Stellenbosch Universiteit is van stapel gestuur om vas te stel of lammers wat op hierdie manier gehuisves word, wel benadeel word. Dr Helet Lambrechts gee terugvoer.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 25 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Vrydag, 25 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:⁠Ons spring weg...

Tick the right boxes for a successful breeding season

Estimated reading time: 6 minutesHeifers entering their first breeding season require additional management. Although they should already be cycling before breeding, young females are...

FMD woes for Namibia as samples test positive

Namibia’s foot-and-mouth disease (FMD)-free zone is in jeopardy. This follows confirmation of an FMD outbreak in ten cattle on a commercial farm in the...

ARC FMD vaccine: Private manufacturers can get on board

There is light in the foot-and-mouth disease (FMD) vaccine manufacturing tunnel in South Africa. Minister of agriculture, Willie Aucamp, has announced that qualifying private...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minuteJohan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou.Luister...