HomePodcastsRSG Landbou: 6 Augustus 2025

RSG Landbou: 6 Augustus 2025

In vanoggend se RSG Landbou hoor ons hoe gewild die eerste SA Preserveerkampioenskap is, Mielieboere Bonsmaras gesels oor hulle veiling en Syngenta praat oor aartappel-uitdagings.

Preserveerkampioenskap oortref verwagtinge

66 vervaardigers van gepreserveerde produkte het ingeskryf vir die eerste SA Preserveerkampioenskap. Die verwagtinge is oortref met 456 produkte wat op 23 Julie naby Durbanville beoordeel is. Hoofbeoordelaar Susina Jooste gesels met ons.

Bonsmaras onder die hamer

Laurence Allem van Mielieboere Bonsmaras praat oor hul veiling van 14 Augustus in die Viljoenskroon-omgewing.

Aartappelprodusente se uitdagings

Verder hoor ons wat Syngenta te sê het oor die uitdagings van aartappelprodusente ten opsigte van peste en plae. Chris Steyn verduidelik hoe innovasie en tegnologie as moontlike oplossing kan dien.

Nuus oor invoer-koringtarief

Dr André van der Vyver van SACOTA sluit ook by ons aan met nuus oor die invoer-koringtarief.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000 doses of locally produced foot-and-mouth...

Meet the new NAMC board