In vandag se RSG Landbou gesels ons oor Suid-Afrika se 2025-kersieseisoen en ons vind meer uit oor Datamars se slimboerderystelsel vir melkerye.
Suid-Afrika se 2025-kersieseisoen
Suid-Afrika se 2025-kersieseisoen het onder feitlik perfekte omstandighede afgeskop. Kersieprodusente verwag dat die oes sowat 7% groter as die vorige jaar sal wees, danksy uitstekende vruggehalte. Ons gesels met Calla du Toit van Tru-Cape.
Datamars se slimboerderystelsel vir melkerye
Tegnologie word deesdae by melkerye gebruik vir gesondheidsmonitering en die bepaling van koeie wat op hitte is. Ons hoor wat Datamars Africa asook Semex oor dié slimboerderystelsel te sê het.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

