In vandag se RSG Landbou gesels ons oor die beheer van dodder, ons kry terugvoer oor Mooirivier-studiegroep se slagoskompetisie en ons ontvang die nuutse wolmarkverslag.
Beheer van dodder
In vanoggend se program beantwoord ons ān luisteraarsvraag oor die beheer van dodder, ān parasitiese plant wat die bogrondse dele van plante aantas. Dr Charlie Reinhardt gee raad hieroor.
Mooirivier-studiegroep slagoskompetisie
Die Mooirivier-studiegroep in die Potchefstroom-distrik se gewilde slagoskompetisie het vanjaar weer groot belangstelling gelok. Awie Barnard gee terugvoer.
Nuutste wolmarkverslag
Dan is Heinrich Victor op sy pos met die nuutste wolmarkverslag.
RSG Landbou is ān Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ān e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.





