RSG Landbou: 31 Maart 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor landbou by Hoërskool Erasmus, ‘n watersuiweringsprojek in die Hartenbos-omgewing en ons ontvang die nuutse wolmarkverslag.

Landbou by Hoërskool Erasmus

In vanoggend se RSG Landbou hoor ons hoe Hoërskool Erasmus by Bronkhorstspruit, toekomstige landbouers oplei. Rassies Landbou het ‘n paar jaar gelede met net 15 leerders en een onderwyser begin, en vandag staan hulle op meer as 200 leerders en sewe onderwysers. Ons hoor hoe dinge daar gaan.

Nuutste wolmarkverslag

Heinrich Victor is weer terug met die nuutste wolveilingsnuus.

Watersuiweringsprojek in die Hartenbos-omgewing

En ons vertel jou van ‘n watersuiweringsprojek in die Hartenbos-omgewing. Water vanaf Papkuil en Fluitjiesriet word gefiltreer, waarna die geoeste biomassa verwerk en as kompos aangewend word.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...

Die geur, kleur en eer van Merino-ramveilings

Estimated reading time: 6 minutesHy het vir hom ’n geel Jaguar met ’n bedrag...