RSG Landbou: 31 Augustus 2023 – geborg deur Voermol Voere

Weiding in die somerreënvalgebiede is dié tyd van die jaar arm aan voedingswaarde. Dis kalftyd by vleisbeeste en skaap-ooie is in hul laat dragtigheidsfase. Aandag moet nou aan voldoende voeding gegee word en dr Josef van Wyngaard van Voermol, gee raad in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Die eerste jaarlikse Vroue in Landbou-besigheidsberaad is by Sernick buite Edenville in die Vrystaat gehou. Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling, Thoko Didiza was teenwoordig en ons het daar met haar oor landbou in Suid-Afrika gepraat.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Luister nou na dié week se bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Vandag se program sluit af met veilingsnuus. Paseka Pienaar gesels oor wat kopers te wagte kan wees by die Nosa Bonsmara-produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories