HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 4 September 2023 - geborg BKB

RSG Landbou: 4 September 2023 – geborg BKB

Agbiz Grain bied hierdie week ‘n simposium vir die graan- en oliesadebedryf aan. Verskeie kwessies wat op graanberging van toespassing is soos volhoubaarheid, versekering, naspeurbaarheid en risiko’s word bespreek. In Maandag se aflewering van RSG Landbou vind ons uit wat van die fasiliteerders hieroor te sê het.

SerDev, die Sernick Groep se boere-ontwikkelings-maartskappy, groei van krag tot krag en Petro Naudé gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die uitbreiding van dié program.

Willem Symington is tydens dié Agri Noord-Kaap se vkongres as nuwe president verkies. Hy neem by Nicol Jansen oor. Medewerker, Koos du Pisanie, het die geleentheid bygewoon en onder andere met Willem oor sy nuwe amp gesels.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...