RSG Landbou: 30 Augustus 2023 – geborg deur Voermol Voere

Voermol se gewilde Boer van die Jaar-kompetisie het vanjaar hervat. RSG Landbou-luisteraars kan in Woensdag se aflewering van dié program by dr Josef van Wyngaard hoor waarom dié kompetisie vir bees- en skaapboere aangebied word.

Agbiz Grain bied eersdaags hul simposium aan. Daar is verskeie onderwerpe wat bespreek gaan word, en ons gesels met van die fasiliteerders op RSG Landbou.

Kuilvoermaak kom ook onder bespreking. Hierdie keer verduidelik Richardt Venter van AgSci Unlimited waarom tydsberekening so krities is.

RSG Landbou fokus die laaste Woensdag van elke maand op internasionale landbounuus wat deur Plaas Media saamgestel word. Izak Hofmeyr is ons nuusleser en in hierdie bulletin is daar nuus uit die VSA, Ierland, Australië, Switzerland en Brittanje.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories