Peste en plae kan voorkom word wanneer gesonde plante gekweek word. So sê Linda Greyling van AECI Plant Health. Sy verduidelik watter alternatiewe benadering gevolg kan word om minder van chemiese middels afhanklik te wees.
Die LRF het ses faktore in die rooivleisbedryf geïdentifiseer waaraan hulle aandag gee en Kobus Bester brei hieroor uit.
Ons gesels ook met Calla du Toit van Tru-Cape oor een van Suid-Afrika se appel-variëteite wat die afgelope jaar met 13% gegroei het.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.