Monday, December 15, 2025

RSG Landbou: 29 Oktober 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die 2024 Klimaatslim Ambassadeur, Charl Saunderson, het onlangs tydens ‘n boeredag op sy plaas verduidelik dat die sukses van sy boerdery in die Kenhardt-omgewing, op vier pilare rus. Ons gesels met hom hieroor.

Ons het tydens dié geleentheid ook vir Neels Brits van Zoetis oor die voorkoming en behandeling van bloednier en pasteurella uitgevra. Dan gesels dr Robert Tredwell van Embryo Plus oor hul demonstrasie by vanjaar se LRF Veeskool.

Heinrich Victor is soos altyd ook terug met ons nuutste wolmarkverslag.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 15 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....

RSG Landbou: 11 Desember 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Kobus Bester oor die nuut gestigte Stoettelersfederasie en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte. Nuut gestigte...