RSG Landbou: 30 Maart 2026

Share This Post

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor wysigings in arbeidswetgewing en oor klimaatslim veeboerdery.

Wysigings in arbeidswetgewing

Is jy as plaaseienaar bewus van die feit dat seisoenale werkers vroegtydig in kennis gestel moet word indien hulle diens vir een of ander rede nie benodig word nie? Dit is een van ‘n aantal wysigings in arbeidswetgewing wat op die landbou van toepassing is. Arbeidspesialis, André Bloem, brei hieroor uit en praat ook oor ander kwessies soos vrywaring van die minimumloon en ouerskapverlof.

Klimaatslim veeboerdery

Moet ook nie ons gesprek oor klimaatslim veeboerdery misloop nie. Wat is die eienskappe van ‘n klimaatslim veeboer? Dr Louis du Pisani beantwoord hierdie vraag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...