In vandag se RSG Landbou hoor Lise Roberts weer van Johan van den berg en Chris Derksen. Sy gesels ook met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk en die SA Sybokhaarkwekersvereniging.
Inentings en SA Sybokhaarkwekersvereniging
Die middel van die winter is dié tyd van die jaar wanneer veeprodusente hul inentingsplan vir die volgende jaar moet ontwikkel. So sê dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk. Hy verduidelik wat so ‘n plan behels en wat die rol van die veearts is.
Die SA Sybokhaarkwekersvereniging het onlangs kongres gehou en ons gesels met die voorsitter, Chris Hobson, asook Beauty Mokgwamme wat aan hoof staan van die Sybokhaar Bemagtigingstrust.
Weernuus en Vleispryse
Johan van den Berg is terug met ons weernuus en Chris Derksen vertel wat die afgelope week met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

