Monday, December 8, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 2 Julie 2025 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 2 Julie 2025 – geborg deur Plaas Media

-

In vanoggend se RSG Landbou vind Lise Roberts meer uit oor ‘n kompetisie vir landbouleerlinge in die Vrystaat. Ons hoor ook meer besonderhede oor die Thabazimbi-skou en verder hoor ons oor deel drie van die Koolstofvergoedingsprojek.

Kompetisie tyd in die Vrystaat

Landbouleerlinge in die Vrystaat kan weer uitsien na ‘n plaasvaardigheidskompetisie. Dis die derde keer wat die Vrystaatse onderwysdepartement dié kompetisie aanbied. EP Nel vertel ons meer.

Skou

Ons vind ook uit waarna besoekers kan uitsien by vanjaar se Thabazimbi-landbou- en nywerheidskou.

Koolstofvergoedingsprojek

In ons derde en laaste gesprek met Pieter Botha van die Bedreigde Natuurlewetrust oor hul koolstofvergoedingsprojek gee hy raad vir boere wat daarmee wil begin.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

LandbouRadio: 8 Desember 2025

In Maandag, 8 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Prof Michiel Scholtz, spesialisnavorser by die Landbounavorsingsraad, praat oor die klimaatslim beesvleiswerkswinkel wat...