Monday, December 8, 2025

RSG Landbou: 29 September 2025

In vanoggend se RSG Landbou leer ons twee landbou-uitskieters beter ken.

Toog is beste jong afslaer

Die wenner van Plaas Media se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is op 12 September 2025 aangewys. Toog Vermaak van Vleissentraal Bosveld spog nou met dié titel en ons hoor waarom hy juis dié beroep gekies het.

KZN-jongboer praat oor sy sukses

Ons praat ook met ‘n suiwelprodusent van Creighton in KwaZulu-Natal, Dale Hutton. Hy is aangewys as die 2025 KZN Toyota Kwanalu Jongboer van die Jaar. 

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable...

Stockfarm December hits the shelves

The December 2025 edition of Stockfarm shines the spotlight on the resilience and adaptability...

Trust and muffins lead the way

Estimated reading time: 4 minutes In any business, communicating in silos is the main cause...