Friday, October 9, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 15 September 2026

RSG Landbou: 15 September 2026

42

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor landbou in die Noord-Kaap, skaapproduksie, en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Landbou in die Noord-Kaap

Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Nino-verskynsel te hanteer. Willem Symington van Agri Noord-Kaap beantwoord hierdie vraag.

Skaapproduksie

Die Overberg Agri Herkouerdag het in Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaasgevind. Winsgewende en volhoubare herkouerproduksie was die tema en een van die sprekers, dr Andy Hentzen van die Universiteit van Pretoria, het op skaapproduksie gefokus. Ons gesels met hom hieroor.

Nuutste wolmarkverslag

Verder gee Heinrich Victor terugvoer oor die jongste wolveiling.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!