RSG Landbou: 28 September 2023 – geborg deur Plaas Media

Die grootste beperkende faktor ten opsigte van produksie-doeltreffendheid in skaapboerdery, is mortaliteit onder pasgebore lammers. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou hoor ons by Alheit du Toit van Feedtek wat die oorsaak is en hoe om die probleem aan te spreek.

Verbruikers is reeds gewaarsku oor die ernstige tekorte aan hoendervleis en eiers wat in die komende maande weens voëlgriep verwag word. RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat Chris Schutte van Astral Foods hieroor te sê gehad het.

Daarna is Frans de Klerk aan die woord. Hy gee gesels mark sake en ondermeer die rand, witmielieprys en vooruitsigte van die Amerikaanse rentekoers.

Daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg is ook op sy pos met nuus oor die weer.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Landbou in Noordwes verloor ‘n staatmaker

Estimated reading time: 3 minutes Landbou in Noordwes het onlangs een van sy groot geeste, wat diep spore in die bedryf getrap het, aan die dood afgestaan. Leon Bellingan, bestuurder van Agri Vryburg en...

Veesiektes aangemeld gedurende lente 2023

Estimated reading time: 7 minutes Die volgende veeartspraktyke en laboratoriums (132) het gedurende die lentetydperk van September tot Oktober 2023 veesiektes aangemeld. Mpumalanga (13) Bethal – Dr Hardus Pieters Ermelo – Dr Ben Potgieter Grootvlei – Dr Neels...

Van aartappelsiektes tot suiwel – Plaas TV bespreek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Sponsored by Stockfarm (Plaas Media), the 2023 ARC’s National...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 48

The weekly pork carcass price is brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. https://agriorbit.com/rooivleispryse-red-meat-prices-2/ Important notes Domestic pork carcass prices are weighted averaged abattoir purchase prices per category...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Hy het die afgelope week met Lise Roberts oor die nuutste weersake op RSG Landbou gesels....