Saturday, December 13, 2025

RSG Landbou: 16 Mei 2024 – geborg deur BKB

Die drie finaliste in die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek is aangewys en ons hoor wat dr Louis du Pisani oor vanjaar se inskrywings te sê het.

Die Karoo Winter Wolfees word oor ‘n maand by Middelburg in die Karoo aangebied. Van die skaap op die plaas tot die trui aan jou lyf. Alles gaan oor wol en Yolandi Erasmus vertel ons meer.

Ons vind ook meer uit oor ons plaaslike springmieliebedryf, met David Kretzmann van AGT Foods Africa.

Dan is Chris Derksen op sy pos met die jongste vleispryse.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Elke happie tel: Presisievoeding vir optimale produksie

Estimated reading time: 6 minutes Elke produsent het die behoefte om meer winsgewend en volhoubaar...

Flies and blowflies: A serious threat to cattle health

Estimated reading time: 4 minutes Several fly species negatively affect cattle productivity, including biting flies...

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable...