RSG Landbou: 28 Oktober 2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons oor probleme met rondloperdiere, AgriCulture SA se kongres, die 2026 Royal-landsbouskou en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Probleme met rondloperdiere

Rondloperbeeste en -kleinvee veroorsaak groot kopsere vir grondeienaars. Brent MacNamara van Agri Oos-Kaap en die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie, brei hieroor uit en vertel ook van ‘n hofsaak waarby hulle betrokke is.

AgriCulture SA hou kongres

RSG Landbou het onlangs die AgriCulture SA-kongres bygewoon en ons hoor by Jaco Minnaar wat die fokus daarvan was.

Nuwe tuiste vir 2026 Royal-landsbouskou

Dan is daar goeie nuus vir landbou in KwaZulu-Natal. Die Royal Agriculture Society het onlangs die datum van sy 2026 Royal-landsbouskou aangekondig en sy nuwe tuiste bekendgemaak. Ons hoor meer daaroor.

Nuutste wolmarkverslag

Dan is Heinrich Victor terug met die nuutste wolmarkverslag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...