Alomteenwoordige landbou op RSG Landbou
In 28 Mei se weergawe van RSG Landbou vind ons meer uit oor die vreemde smake en reuke van melk, asook Sernick Bonsmara se opkomende 47ste produksieveiling. Daar is vanoggend ook weer internasionale landbounuus.
Daar is verskeie redes waarom vreemde reuke of smake in melk voorkom. Jompie Burger van die SA Suiwelstandaardagentskap verduidelik waarom dit soms gebeur, maar verseker verbruikers dat dit nie skadelik vir die mens is nie.
Nick Serfontein van Sernick Bonsmara gesels oor die aanbod vir hul 47ste produksieveiling op 6 Junie.
Meer oor internasionale landbounuus
Dan is dit ook weer tyd vir ons maandelikse internasionale landbounuus.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.