Kompetisie en Wenner vanoggend op RSG Landbou
In vanoggend se RSG Landbou, die 27ste Mei, hoor ons meer van die eerste SA Preserveerkampioenskap asook van ‘n produksiebestuurder en sy buitemuurse aktiwiteite.
Inskrywings het geopen vir die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, wat plaaslike vervaardigers die geleentheid bied om hul beste gepreserveerde groente- en vrugteprodukte ten toon te stel. Breyton Milford van Agri Expo vertel ons meer.
Jakob Volmoer van Ouplaas by Ceres is die produksiebestuurder op dié appel- en peerplaas. Hy het onlangs die aandag getrek toe hy ses medaljes by die SA Atletiekkampioenskap ingeryg het. Hy vertel sy storie.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

