Tuesday, January 13, 2026
HomePodcastsRSG Landbou: 26 November 2025

RSG Landbou: 26 November 2025

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor mieliekuilvoer as doeltreffende melkbeesvoeding en ‘n studie oor volhoubare suiwelproduksie.

Mieliekuilvoer as doeltreffende melkbeesvoeding

Wat maak mieliekuilvoer uniek in terme van melkbeesvoeding? Pieter Brönn van Feedtek beantwoord ‘n paar vrae hieroor.

Volhoubare suiwelproduksie

Die suiwelbedryf het die laaste dekade heelwat verander en die groot dryfkrag hieragter is verbruikers wat toenemend meer bewus is van waar hul kos vandaan kom. Internasionale markte stel ook hoë standaarde. Die volhoubaarheid van die suiwelbedryf kom ook onder bespreking. Ons gesels met Tania Blignaut van die Suiwelstandaard-agentskap.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

A breed that you like will work with you

Estimated reading time: 6 minutes Pat Bailey and his son, Wade, run a Beefmaster stud and commercial herd at Lily Park farm The farm consists of...

BEK: Wat is nuut?