RSG Landbou: 26 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor skeerdemonstrasies by die Karoo Winterwolfees, ‘n boeredag waar besproeiingsoplossings sal bespreek word en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Skeerdemonstrasies by die Karoo Winterwolfees

Het jy geweet een skaap het verskillende tipes wol in sy vag? Daar is rugwol, kortwol, langer wol en penswol, en van elke tipe word iets anders gemaak. Cor Uys is die fasiliteerder van vanjaar se skeerdemonstrasies by die Karoo Winterwolfees wat vanaf 3 tot 4 Julie by Middelburg in die Oos-Kaap gehou word. Hy praat oor die waarde van die geleentheid vir die wolbedryf.

Besproeiingsoplossing

Carmé Naudé van Bergrivier Besproeiing nooi produsente uit na ‘n boeredag in die Paarl, waartydens kundiges oor nuwe en innoverende besproeiingsoplossing sal gesels.

Nuutste wolmarkverslag

En dan is Heinrich Victor oudergewoonte terug met die nuutste wolmarkverslag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...