Wednesday, February 19, 2025

RSG Landbou: 25 April 2024 – geborg deur Pioneer Saad

Die Nampo Oesdag word vanjaar vir die 56ste keer aangebied. Dit het as ‘n landboutegnologiedag op ‘n plaas in Bloemfontein begin. Dr Dirk Strydom van Graan SA gesels oor vanjaar se geleentheid wat vanaf 14 tot 17 Mei by Nampopark naby Bothaville aangebied word.

Daar is ‘n veiling op pad in die Davel-omgewing. Dit is Highveld Supreme se tweede produksieveiling en ons gesels met Hendy-Hein Mathews oor die opkomende geleentheid.

Dan is Johan van den Berg terug met weernuus en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse in die Noord-Vrystaat gebeur het.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer saad

Pioneer Saad is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

The Unemployment Insurance Act and the employer’s responsibilities

Estimated reading time: 4 minutes Employers and employees contribute to the fund, and employees who...

Spot the culprits to prevent sweating sickness

Estimated reading time: 4 minutes Bont legged ticks are a familiar sight in South Africa,...

Voorkom sweetsiekte deur deeglike bosluisinspeksies

Estimated reading time: 4 minutes Bontpootbosluise kom redelik algemeen in Suid-Afrika voor en laat ’n...

Greater predator numbers, bigger problems

Estimated reading time: 7 minutes Role-players in the livestock industry are concerned about the increase...