Die gebruik van groeibevorderaars in voerkrale kom onder bespreking. Dié onderwerp lê dr Shaun Morris van Octavoscene baie na aan die hart, veral as gevolg van die wanpersepsies wat hieroor heers. Hy gesels oor die feite.
Agricol se gewilde Groendag is om die draai en Joubert Swanepoel verskaf meer inligting.
Dan is daar ook ‘n Bonsmara-veiling op pad. Kobus du Toit van Vlakte Bonsmara vertel ons meer van dié veiling.
Verder gee Jaco Taute van die Rooivleisprodusente-organisasie in Gauteng terugvoer oor hul kongres wat verlede week in Pretoria aangebied is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer saad
Pioneer Saad is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.