RSG Landbou: 24 Junie 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die nasionale wenner in vanjaar se skeerselkompetisie en BFAP gesels oor die rooivleisbedryf.

Nasionale skeerselkompetisie wenner

‘n Merino-skaapboer van Victoria-Wes, is as die nasionale wenner in vanjaar se skeerselkompetisie aangewys. Die toekenning is tydens die Nasionale Wolkwekersvereniging se kongres en 100-jarige vieringe oorhandig. Dié bes-geklasseerde skeersel het ’n gemiddeld van 87,65% behaal. Ons hoor wat mede-eienaar, Hennie van Heerden, oor dié prestasie te sê het en wat dit vir die wolbedryf beteken.

Rooivleisbedryf

Dan het ons tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se kongres ook met Gerhard van den Burgh van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, oftewel BFAP, oor die rooivleisbedryf gesels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Systematic problem solving: The key to dairy culture quality

Estimated reading time: 6 minutesDuring one of its recent monthly webinars, the Dairy Standard...

Four agricultural labour law myths

Estimated reading time: 4 minutesWhen employers rely on incorrect assumptions rather than the law...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...