RSG Landbou: 24 Februarie 2026 – geborg deur Pioneer Saad

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die oorlewing van plante, diere en landbou in die Kalahari- en Karoo-streke en ons gesels oor die Victoria-Wes skou.

Landbou in die Kalahari- en Karoo-streke

Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Dan is die vraag natuurlik, hoe oorleef plante en diere in dié streke en watter impak het dit op landbou? Prof Charlie Reinhardt gesels met ons hieroor.

Victoria-Wes skou

Ons kuier ook by die onlangse Victoria-Wes skou en luister na ‘n gesprek met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die skou. Dan vertel die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, oor sy sukses.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 9 Oktober 2026

Hierdie week se LandbouRadio word met trots aan jou gebring deur BKB, die betroubare tuiste van landbou.In Vrydag, 9 Oktober se LandbouRadio, kan jy...

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld wat sy mense slyp. Die mense wat hier gebore en...

Excellence and achievement take centre stage at LRF gala

Estimated reading time: 8 minutesExcellence in breeding, genetic progress, and outstanding service to the livestock industry. These were the attributes that took centre stage...

Stockman School 2026: Breeding better beef, from DNA to dinner plate

The second session on day two of the 2026 LRF Stockman School kicked off with a presentation on breeding better beef. Charné Claassen, division...

Foetal programming to BREEDPLAN: A jampacked second day at Stockman School

The second day of the Livestock Registering Federation’s (LRF) Stockman School at Aldam in the Free State kicked off with a session sponsored by...