Tuesday, March 28, 2023

RSG Landbou: 22 Augustus 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Boere van die Gamtoosrivier-vallei is afhanklik van water uit die Kouga-dam. Die vlak van dié dam is vir talle jare al baie laag. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte in Maandag se aflewering van dié program.

Hoe vergelyk die Suid-Afrikaanse Brangus-beesras met dié van Suid-Amerika? Federico Masinave was die beoordelaar by die SA Brangus-beestelersgenootskap se nasionale veiling en skou, en ons hoor wat hy te sê het.

Daarna gesels Coetzee Reitz op RSG Landbou oor vanjaar se jongooi-veiling op Williston. Die gewildheid van dié skaap-en bokveiling het so toegeneem dat dit nou oor twee dae plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories