HomePodcastsRSG Landbou: 21 Augustus 2025

RSG Landbou: 21 Augustus 2025

In vanoggend se RSG Landbou is daar gesels oor ‘n skou, twee veilings, vleispryse en weer.

Merino Classic terug by Nampo Kaap

Merino SA se nasionale skou staan bekend as die BKB Merino Classic. Willie van Heerden praat oor die waarde van dié geleentheid wat tydens Nampo Kaap gaan plaasvind.

Brangus SA gee veiling-terugvoer

Ons kry terugvoer oor Brangus SA se nasionale veiling.

Dan is daar ook ‘n Sussex-veiling van die Progen-groep op 28 Augustus by die Afridome in Parys.

Progen Sussex-groep hou veiling

Wat maak die vleispryse en die weer?

Chris Derksen is op sy pos met die week se vleispryse en Johan van den Berg gesels weersake.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...