RSG Landbou: 20 Oktober 2025

In vanoggend se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n hommeltuig-sleepwa wat vir presisieboerdery gebruik word, ons gesels met AgriCulture Gauteng se Jongboer van die Jaar en ons vind uit oor die aanbod by Brangus Legacy se veiling.

Hommeltuig-sleepwa vir presisieboerdery

In vanoggend se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n hommeltuig-sleepwa wat vir presisieboerdery gebruik word. Dis ‘n eerste van sy soort in Suid-Afrika en Charlotte Esterhuizen van Algar gesels oor die funksies van dié sleepwa.

AgriCulture Gauteng se Jongboer van die Jaar

Gerrit Maritz van Brandvlei Chickens by Tarlton is vanjaar as AgriCulture Gauteng se Jongboer van die Jaar aangewys. Gerrit het sy braaikuiken-onderneming naby Tarlton maar vier jaar gelede begin.

Brangus Legacy veiling

Dan bied Brangus Legacy hul veiling op 6 November in Bloemfontein aan en AJ du Plessis van die Brocor Groep brei uit oor die aanbod.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...

Green grazing: Nutritious, but incomplete

Estimated reading time: 4 minutesThe first good rains of the season always bring relief...

CHIPS September/October 2026

Estimated reading time: 3 minutesThe September/October issue of CHIPS highlights innovation and growth in...