HomePodcastsRSG Landbou: 20 Augustus 2025

RSG Landbou: 20 Augustus 2025

As jy vanoggend se RSG Landbou misgeloop het, kan jy hier weer daarna luister. Ons vertel jou van die Bees- en Skaapboer van die Jaar-kompetisie, deel ‘n inspirerende verhaal van ‘n vroueproduksiebestuurder en hoor wat die Klimaatslimwenner se toekomsplanne is.

Bees- en skaapboere, skryf in!

Benoemings is steeds oop vir die 2025 Bees- en Skaapboer van die Jaar, wat deur Voermol Voere aangebied word. Dr Josef van Wyngaard kuier in die ateljee en gesels oor die kriteria.

Amoré deel haar storie

Verder luister ons na Amoré Viljoen se storie. Sy is produksiebestuurder op Lakeview Farm in die Villiersdorp-omgewing. Hulle produseer appels en pere.

Wat lê vir Willie voor?

Ons hoor ook wat Willie Storm se toekomsplanne is. Hy is aangewys as die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

26th AFSTA Congress: Empowering Africa’s future, one seed at a time

Estimated reading time: 6 minutes Seeds are not just agricultural inputs; they embody our future, the promise of a resilient Africa in the face of...

Meet the new NAMC board