RSG Landbou: 2 Oktober 2025

In vandag se RSG Landbou kyk ons na die vooruitsigte vir statutêre maatreëls in die suiwelbedryf, ons hoor meer oor Kruger Bonsmara en LHB Bonsmara se komende produksieveiling, en kry die jongste vleispryse en landbou-weervooruitsigte.

Vooruitsigte vir statutêre maatreëls in die suiwelbedryf

As ’n nie-winsgewende organisasie is Melk SA sedert 2005 deur die minister van landbou aangewys om statutêre maatreëls te administreer. Hierdie maatreëls word vierjaarliks gepubliseer en moet weer voor 1 Januarie 2026 hernu word. Maar hoe lyk die vooruitsigte? Nico Fouché kuier in die ateljee om hieroor te gesels.

Kruger Bonsmara en LHB Bonsmara produksieveiling

Dan gesels Frikkie Kruger oor Kruger Bonsmara en LHB Bonsmara se komende produksieveiling en veilingsaanbod.

Meer oor die vleispryse en weer

Chris Derksen is terug met die week se vleispryse en Johan van den Berg met die landbou-weervooruitsigte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 8 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie, topgenetika en die belangrike rol wat...

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating to grading, quality, production areas, and production methods. This article...

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...