Estimated reading time: 3 minutes
Die koringprys in Suid-Afrika het die afgelope maand of twee geweldig gedaal, maar daar is ān goeie kans dat die prys weer gaan begin styg en koringboere sal weer dieper kan asemhaal.
Volgens Frans de Klerk, ān bekende onafhanklike finansiĆ«le ontleder, hou ān klompie koringboere hul asem op en hou hulle angstig die prys dop omdat hulle met groot hoeveelhede koring sit wat nog nie verkoop is nie. Die afgelope ses weke het die koringprys van R6 380/ton tot rondom R6 000/ton geval.
Frans wys daarop dat die prys weer stelselmatig besig is om te klim en as die rand/dollar-wisselkoers bo R17,42 teenoor die Amerikaanse dollar beweeg, behoort die prys stelselmatig na boontoe te beweeg aangesien sagte kommoditeite hoofsaaklik rand-verskansers is. Rand-verskansers word gewoonlik deur ān sterk Amerikaanse dollar en swakker rand gedryf. Wanneer die koringprys bo R6 019/ton begin beweeg kan koringboere hulle voorberei vir ān gemaklike herstel na bo.
Sy verwagting is dat die prys by R6 130 kan draai, maar vanaf hierdie prys kan koringboere weerstand verwag.
Koringaanbod verduidelik
Heleen Viljoen, ān landbou-ekonoom van Graan SA, sĆŖ die rede vir die skerp daling in prys word toegeskryf aan die feit dat Suid-Afrika kort voor strooptyd 400 000 ton koring ingevoer het, ten spyte van die feit dat daar nie ān drastiese afname in koringproduksie vir die 2024/25-seisoen was nie. Inteendeel, die 2024/25-seisoen het met hoĆ«r voorrade begin. Die voorspelling vir die seisoen wat tans voor ons lĆŖ is om met gebalanseerde voorraad te eindig, afhangend van die hoeveelheid koring wat ingevoer word. In die 2025/26-jaar word daar selfs ān effense hoĆ«r oes as die vorige jaar verwag.
Viljoen voeg by dat hulle wel bekommerd is oor omstandighede soos droogte, wat wel die koringoes kan afbring. Sy sĆŖ ook dat daar verwag word dat Rusland en OekraĆÆne minder koring gaan uitvoer. Hulle koring is van ān laer graad, maar AustraliĆ« en Amerika wat oor die algemeen ān hoĆ«r graad koring in die mark gaan stoot, kan moontlik die prys van internasionale koring ondersteun. Suid-Afrika voer jaarliks sowat 248 000 ton uit, maar voer sowat 1,7 miljoen ton in. Daar is dus ān goeie hoop dat koringboere beter pryse kan verwag.
Nuwe liggingsdifferensiaal
Terwyl koringboere onseker is oor die prys van koring en die onnodige binnelandse ooraanbod, word daar hard agter die skerms gespook om die koringliggingsdifferensiaal meer in lyn met markverwagting tussen markspelers te bring. Dit het ān groot invloed op koringboere se jaarlikse inkomste en die meeste koringboere voel dat hierdie tarief hersien moet word.
Die nuwe koringliggingsdifferensiaal is reeds bekendgestel, maar Graan SA is nie tevrede met die metodiek wat gebruik word om dit uit te werk nie. Viljoen verduidelik dat sommige boere baie benadeel word deur hierdie tariewe wat gehef word. Sy verduidelik dat koringboere uit die Wes-Kaap tot 12% van die inkomste uit hul oes aan tariewe vir liggingsdifferensiaal moet inboet, terwyl boere in die Noord-Kaap slegs 2% inboet. Boere in die Swartland produseer die meeste koring en hulle kan dit in Malmesbury, wat nabygeleƫ is, laat verwerk, maar hul tarief word bereken asof dit na Randfontein gestuur word.
Graan SA het verskeie studies laat doen om ān alternatiewe metodiek te kry. Viljoen verduidelik dat Graan SA voorstel dat die tariewe eerder bereken word op grond van die afstand tussen die boer se naaste silo en verwerkingsaanleg, in plaas van die tradisionele metode waar die afstand tussen die silo en die verwerkingsaanleg in Randfontein as maatstaf gebruik is. Sy sĆŖ landbou-omstandighede het verander, maar dit word nie by die berekening ingebring nie. ā Koos du Pisanie, Plaas Media





